Titel: Die Afrikaanse Skryfgids
Saamgestel deur Riana Scheepers & Leti Kleyn
Sagteband
Uitgewer: Penguin
Tweede Druk: 2012
Aantal Bladsye: 459
Gebruikte boek in redelike toestand. Buiteblad se hoeke krul bietjie om. Die res van die boek is skoon en goed.
Hierdie omvattende gids - die eerste in sy soort in Afrikaans - is gemik op almal wat meer van die skryfkuns, skryftegnieke en die Suid-Afrikaanse uitgewersbedryf wil weet. Die medewerkers, almal gerekende skrywers op hul onderskeie spesialiteitsgebiede, stel die inligting op 'n toeganklike manier bekend. Niemand hoef in dieselfde slaggate te trap nie.