Titel: Daar's 'n hoender wat 'n eier nie kan lê
Outeur: Chris van Wyk
Sagteband
Uitgewer: Picador Africa
Eerste Afrikaanse uitgawe, eerste druk: 2011
Aantal Bladsye: 291
Gebruikte boek in redelike toestand. Buiteblad se hoeke krul om. Res van die boek is skoon en mooi.
Hierdie is Chris van Wyk se tweede memoir oor sy grootwordjare in Riverlea. Dis ook 'n kleurryke weergawe van sy interaksie met die mans en vrouens wat hierdie bekende Afrika-spreuk uitgeleef het: Dit neem 'n hele dorp om 'n kind groot te maak. Die verhaal is grootliks een van 'n wonderlike vriendskap tussen 'n jong bruin seun en 'n Zoeloevrou.